Update
RIVERSDAL NUUS - Groot ontevredenheid het vanoggend, Vrydag 15 Augustus, in beide Stilbaai en Riversdal geheers toe dit bevestig was dat die 12 verdagtes wat met die aanval en moord van die jongman, Vivian Hartnick, verband hou, eintlik in die landdroshof op Riversdal verskyn.
Daar is vroeër, Donderdag, deur die plaaslike polisie aan sy ouers gesê dat hulle op Stilbaai sou verskyn.
Die 12 verdagtes, tussen die ouderdom van 23 - 35 het vlugtig onder groot polisie begeleiding in die Riversdal landdroshof verskyn waarna die saak tot Woensdag 20 Augustus uitgestel is. Hulle bly in aanhouding.
Die oorledene is vroeër die week vanaf sy ouerhuis ontvoer en vermoedelik vermoor, waar sy liggaam Woensdagmiddag verlate op 'n plaaspad gevind was.
Groot ontevredenheid het buite die hof geheers onder die hordes inwoners.
Wyle Vivian Hartnick. Foto: Verskaf
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’