Update
RIVERSDAL NUUS - Terwyl die 12 verdagtes, wat vier Egiptiese burgers insluit, vandag, Woensdag 20 Augustus, in die plaaslike landdroshof, in Riversdal, op aanklagte wat verband hou met die ontvoering en moord van Vivian Hartnick, (35) verskyn, sal daar ook later die aand ’n troosdiens in die St. Andrews Anglikaanse Kerk gehou word.
Die troosdiens in die kerk word voorafgegaan deur ’n huisdiens waarna die roubeklaers ’n kersligstaptog tot by die kerk sal onderneem.
Die huisdiens begin Saterdag 23 Augustus om 09:30 te Van Riebeeckstraat 83 en die begrafnisdiens om 10:30 in die St. Andrews Anglikaanse Kerk.
Hartnick laat sy ouers, Freddie en Pauline Hartnick, asook een broer, agter.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’