RIVERSDAL NUUS - Die stemme van Hoërskool Langenhoven se koor het op Dinsdag 25 Augustus behoorlik weerklink toe die koor by die Ratem-eisteddfod met ’n uitsonderlike A++-toekenning bekroon is - die hoogste gemiddelde wat vanjaar aan ’n koor toegeken is.
Die prestasie is ’n besondere hoogtepunt vir die koor en ’n bewys van die lede se harde werk, toewyding en passie vir musiek.
Met deeglike voorbereiding en selfvertroue het die koor die verhoog betree en ’n vertoning gelewer wat met die hoogste moontlike erkenning beloon is.
Die A++-toekenning beklemtoon nie net die koor se musikale vermoë nie, maar ook die waarde van spanwerk en die ondersteuning wat agter die skerms bydra tot sukses.
Koorafrigter, Marizel le Roux, asook die skool se personeel, ouers en ondersteuners speel volgens die skool ’n belangrike rol in die koor se ontwikkeling en prestasies.
Hoërskool Langenhoven het elke koorlid gelukgewens met die besondere prestasie en hul talent, liefde vir musiek en toewyding geloof.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’