HEIDELBERG NUUS - Nagenoeg 700 roubeklaers het Saterdag 4 Mei van oraloor gekom om hul laaste eer aan een van die dorp se kleurvolste inwoners, Heleceen February, te betuig.
Die 27-jarige February, alombekend as ‘Ceen’, het Sondagaand 28 April gesterf toe die motor waarin sy ’n passasier was, gerol het.
Die begrafnisdiens in ’n stampvol St. Barnabas Anglikaanse Kerk is Donderdagaand met ’n roudiens in dié kerk voorafgegaan.
Onder die bekendes wat die verrigtinge eers by die huis en daarna in die kerk bygewoon het, was Rudy Paige, haar neef en Springbok-skrumskakel, Theodore Jantjies, oftewel Xander van 7 de Laan, asook Reginald Qere Witbooi, SABC-joernalis.
Haar oom, Thomas Meyers het tydens sy huldeblyk aan haar gesê dat die goeie bywoning van die roubeklaers van haar vriendelikheid en goeie gesindheid getuig. “Haar filosofie sou veel meer as net een boek vol geskryf wees.”
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'