Gallery
HEIDELBERG SPORT NUUS - Heidelberg-rugbyklub het Saterdag 4 Mei, ongeag die hartseer afskeid van een van hul grootste ondersteuners, Heleceen February, hul tuiswedstryd teen George met 28-21 beklink.
Die spanne het met die telling op 18-14 in die tuisspan se guns gedraai.
Dié wen vir Heibi was seker van die soetste seges tot dusver, omdat February se skielike dood as ’n groot skok gekom het. Sy het week na week uit haar pad gegaan om hul wedstryde te kon bywoon.
Heibi se blaasorkes het ook vir die eerste keer die seisoen hul verskyning gemaak om haar nalatenskap te vier.
In die eerste wedstryd van die dag het George se derde span naelskraap met 8-7 gewen nadat hulle rustyd met 5-0 voor was. Heidelberg se tweede span het met 39-12 gewen, nadat hulle rustyd met 17-9 voorgeloop het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'