HEIDELBERG NUUS - ’n 27-Jarige vrou van Heidelberg, Heleceen February is Sondagaand 28 April noodlottig in ’n ongeluk beseer.
Volgens Kenny Africa, Wes-Kaap verkeershoof het die voorval om 18:15 op die N2, 34 km buite Riviersonderend in Swellendam se rigting plaasgevind.
“Die bestuurder van die motor het blykbaar beheer verloor en dit het omgeslaan toe hy vir ’n dooie bok moes uitswaai wat in die pad gelê het.”
February was saam met haar vriend vanaf Hermanus onderweg huis toe. Sy laat haar pa Gavin, suster Gaymore en broer Reevin agter.
Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'