RIVERSDAL NUUS - Suid-Kaap Forum, wat deur die loop van die jaar oor die volgende sake berig het, het gaan vasstel wat die status van die ondersoeke tans is.
Brandstigting
- 'n Klag van brandstigting wat daartoe gelei het dat 'n sinkhuis in die Panorama-woonbuurt die nag van 7 en 8 Junie afgebrand en die inwoner, Mina Hendriks (65) ernstige brandwonde opgedoen het, is voorlopig teruggetrek. Volgens haar suster Anna, op wie se erf die woning was wat afgebrand het, het Hendriks verskeie veloorplantings ondergaan voor sy uit George-hospitaal ontslaan is. Al wil Hendriks nie 'n klag teen die man wat dit na bewering aan die brand gesteek het lê nie, gaan Anna voort met 'n klag van saakbeskadiging. "Daar was baie duur goed in die sinkhuis," sê sy.
Vorige artikel: Man vas vir brandstigting
Moord
- Die klag teen Audrey Marcus (44), wat aangekla word van die moord op haar saamleefman Eric Rossouw (43) op 13 September, is afgehandel. Borgtog is geweier en sy word in die Oudtshoorn-vrouegevangenis aangehou. Sy verskyn op 30 Oktober wanneer die verhoordatum en die hof waar die verhoor sal plaasvind, na verwagting bekend gemaak sal word.
Vorige artikel: Raaiselagtige moord in Riversdal - Die ondersoek na 'n voorval waartydens 'n vrou op 27 Mei vir Chris Arries (67), haar ma Sarah de Klerk se saamleefman na bewering doodgesteek het, word steeds ondersoek.
Vorige artikel: Lewensmaat doodgesteek - 'n Ondersoek na die moordklag teen Zane Koeries (34), wat Steph Meyer op 27 Julie na bewering vermoor het, is afgehandel. Koeries, wat ten tye van die moord op parool was, is borgtog geweier. Hy kom op 28 Oktober in die plaaslike landdroshof hier voor wanneer 'n verhoordatum en die hof waar die verhoor sal plaasvind, na verwagting bekend gemaak sal word.
Vorige artikel: Hartseer suster deel haar smart - Die geregtelike ondersoek na die dood van Marika Jansen, wat op 1 Oktober 2005 op 'n plaas buite die dorp vermoor is, word op 21 November in die landdroshof voortgesit. Die uitslag van gevorderde DNS-ontleding van die bloedspatsels wat op die moordverdagte Jacobus September se tekkieveters gevind is, kan moontlik deurslaggewend wees om te bepaal of hy vir haar moord vervolg moet word. Hy dien tans lewenslange gevangenisstraf uit vir die verkragting van 'n jong vrou van die dorp.
Vorige artikel: Nuwe DNS-tegnologie kan verdagte dalk vastrek - Die verhoor van vyf mans wat aangekla word van die moord op Heila Kilian op 'n plaas buite Stilbaai op 16 April 2018, begin op 17 Februarie 2020 in die rondgaande hooggeregshof op Mosselbaai.
Vorige artikel: Vyf na Swellendam vir voorverhoor
Roekelose en nalatige bestuur
- Die voorval van beweerde roekelose en nalatige bestuur wat op 14 Augustus voor Ienkel Dienkel-kleuterskool plaasgevind het waartydens 'n vierjarige kleuter beseer is, word nog ondersoek. Die kleuter het ernstige beserings opgedoen toe sy tussen twee voertuie vasgedruk is. Sy het nog nie heeltemal van haar beserings herstel nie, maar is terug by die skool. Suid-Kaap Forum het op 19 September daaroor berig.
Vorige artikel: Kleuter buite gevaar, maar nie gesond na ongeluk - 'n Saak van beweerde roekelose en nalatige bestuur waartydens Kenthlan Albertyn (10) op 21 September op die Kruisrivierpad noodlottig beseer is, word nog ondersoek. Daarna sal dit aan die direkteur van openbare vervolging voorgelê word wat sal beslis of vervolging sal plaasvind.
Vorige artikel: Troosdiens vir twee seuns
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'