RIVERSDAL NUUS - Eric Rossouw (43) is omstreeks 14:00 op Saterdag 13 September onder raaiselagtige omstandighede dood.
Volgens sy saamblyvrou het hy met ‘oop wonde’ by hul huis in Riverville aangekom.
Sy het die ambulansdiens gebel en oor die beseerde persoon ingelig. Toe hulle daar aankom, was die man, wat ook met kookwater gebrand is, reeds oorlede.
Toe die polisie opdaag het die liggaam skoon klere aangehad en die toneel was opgeruim.
“’n Moordklag word ondersoek en na verwagting sal iemand binnekort in hegtenis geneem word,” het konst. Venia Daries, die polisie se mediaskakelpersoon gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'