Update
STILBAAI NUUS - Mike Hanekom en sy vriende het Maandag 9 Julie vir bykans drie ure gespook om 'n brand wat ongeveer 18:00 op sy huis se dak begin het te blus.
Hanekom is die nuwe eienaar van dié baie ou huis wat hy onlangs gekoop het op Melkhoutkraal naby Klipfontein. Hulle vermoed dat die huis reeds ouer as 100 jaar is.
Blykbaar het dié huis se dak steeds dekriet tussen die plate. 'n Vuurtjie het reeds in die kaggel gebrand en vermoed hulle dat die skoorsteen te warm geword het, omdat die brand blykbaar rondom die kaggel se skoorsteen begin het. Hulle wou ter viering van Hanekom se nuwe woning vleisbraai en die aand saam geniet.
"Terwyl ons buite was, het een van my vriende gesien dat 'n gedeelte van die dak aan die brand is. Ek het dadelik die vuur in die kaggel gaan blus. Daarna het ons op die dak geklim en sover moontlik die brand probeer blus. Ek het besef die dekriet tussen die plate op die dak is reeds aan die brand.
"Ek het vir almal gesê hulle moet gryp wat hul kan en uit die huis kom. Ons is baie bly niemand het seergekry nie," het Hanekom aan Suid-Kaap Forum gesê.
Nita Wessels van Hessequa-boere gemeenskap operasionele sentrum (GOS) en Goukou-plaaswag het dadelik reageer, hulp ontbied en self met 'n watertenk na die huis gegaan. Sy bure, sowel mense van Stilbaai het gehelp om die brand onder beheer te bring.
Wessels het gesê: "Daar wat nege bakkies, ses met watertenks wat kom help het. Teen 22:00 het dit nog gesmeul, maar was onder beheer. Almal het vinnig ingespring en gehelp."
Volgens Hessequa-munisipaliteit was Stilbaai-brandweerpersoneel, asook Eden-brandweer op die toneel. Geen beserings is gerapporteer nie en brandweerpersoneel het die toneel beveilig.
Hanekom voeg by: "Jy kan weer 'n huis bou, maar jy kan nie weer 'n mens aanmekaar sit wat dood is nie. Ons is verlig dat dit nie gebeur het terwyl ons geslaap het nie." Hy het ook 'n boodskap uitgestuur waarin hy die bure en almal wat kom help het bedank.
Hanekom se vrou, Lindsay-Ann Leslie, het gesê dat hulle 'n gedeelte van die huis wil herbou, sodat hulle daar kan woon terwyl die res van die huis herbou word. Sy het gevra dat enigiemand wat ou vensterrame, deure, wasbakke, toilette of boumatriaal wat hulle nie meer wil hê nie vir hulle sal gee.
Indien jy kan help skakel haar by 082 402 1653.
Die dak het later ingeval en groot skade aangerig.
Mike Hanekom, the new owner of a very old house at Melkhoutkraal that he bought recently, as well as his friends, tried their best to put a fire out on Monday 9 July at approximately 18:00, which apparently started on the roof of his house. They had a barbecue outside to celebrate his new ownership when one of his friends noticed that a part of the roof around the chimney of the fireplace was on fire.
Hanekom said: "I went inside to put the fire in the fireplace out. Then we climbed onto the roof to try and save it. I realized that the "dekriet" was already on fire and told everyone to get off, grab their stuff and to get out of the house. The roof caved in and all we could do was watch it burn."
Neighbours, as well as the fire brigade, helped to bring the fire under control. Hanekom thanked everyone that assisted.
His wife, Lindsay-Ann Leslie said that they plan to rebuild a section of the house where they could at least stay, while the rest of the house iis being rebuilt She asked if anyone could assist them with old doors, window frames, sink for the bathroom, toilet and building material that could help them.
"Maybe someone has things they want to throw out that we can use. It will really help us a lot," she said. Contact her at 082 378 2448.
Lees 'n vorige artikel: Huis in ligte laaie
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'