Video
HEIDELBERG NUUS - Die Hessequa Harmoniefees se openingskonsert het vanaand die dag se feesprogram op ’n hoogtepunt afgesluit toe ’n vol Stadsaal musiekliefhebbers op ’n besondere klassieke musiekreis geneem het.
Die konsert, Spiritual Songs, het ’n indrukwekkende groep kunstenaars op die verhoog saamgebring, met Niël Rademan (bariton), Paulina Malefane (sopraan), Miroslav Chakaryan (viool), Susan Mouton (tjello) en Elna van der Merwe (klavier).
Die RUK-koor, onder leiding van Pam de Goede, het verder tot die aand se besondere atmosfeer bygedra.
Die program het bekende en geliefde geestelike musiek ingesluit, waaronder Amazing Grace, Danny Boy en I’ll Walk with God.
Die openingskonsert het gevolg op ’n bedrywige eerste feesdag waartydens musiekliefhebbers reeds verskeie optredes kon geniet.
Video: Ben Snyman:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’