STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag nadat 'n 21-jarige man in die vroeë oggendure van Dinsdag 15 September in 'n motorongeluk omgekom het.
Sy tweelingsuster, wat saam met hom in die voertuig was, is in die ongeluk beseer en per ambulans na die hospitaal geneem.
Volgens die voorlopige ondersoek het die voertuig vermoedelik in Duikerstraat gery voordat dit óór Waterkantstraat in die Goukourivier beland het. Geen ander voertuig was by die ongeluk betrokke nie.
Die polisie-ondersoek duur voort en meer inligting sal bekendgemaak word soos dit beskikbaar raak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’