HEIDELBERG NUUS - Heidelberg United Krieketklub het die naweek sy nuwe baanblad met vriendskaplike wedstryde teen Kuilsrivier Krieketklub ingewy.
Die wedstryde het twee o. 13- en o. 17-jeugspanne behels, met die oog op ontwikkeling, veral vir die tuisspan.
Ondanks die feit dat United nie een van die vier wedstryde oor die twee dae kon wen nie, was die naweek baie suksesvol wat die ontwikkeling van jeugkrieket en die bou van vriendskapsbande tussen die twee klubs betref.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’