Video
HEIDELBERG NUUS - Drie klaviere, drie pianiste en ’n vol saal musiekliefhebbers het vanaand vir ’n besonderse musikale belewenis gesorg toe Mozart, Movies en Maestros tydens die Hessequa Harmoniefees aangebied is.
Elna van der Merwe, José Dias en Mario Nel het met 3 Klaviere gewys wat gebeur wanneer drie pianiste en hul instrumente saamspan om bekende én unieke werke op een verhoog tot lewe te bring.
Video: Ben Snyman
Die pianiste het mekaar deur die loop van die uitvoering aangevul en saam ’n besonderse klankbelewenis geskep wat die gehoor geboei het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’