Video
HEIDELBERG NUUS - ’n Staande ovasie het vanmiddag deur die historiese Congregational Kerkie weerklink toe akteur Dean Balie sy vertolking van die ontslape digter, skrywer en akademikus Adam Small se werk tydens die Hessequa Harmoniefees afgesluit het.
Balie het met Adam Small: die viering van ’n vol lewe hulde gebring aan een van Suid-Afrika se bekendste literêre stemme deur ’n keur van Small se werke voor te dra en te sing.
Die aanbieding het gepas op Erfenisdag plaasgevind en het Small se besondere nalatenskap en sy bydrae tot Kaapse poësie en drama in die kollig geplaas.
Feesgangers het Balie se vertolking met groot waardering ontvang en hom aan die einde van die produksie met ’n staande ovasie beloon.
Die vertoning was nóg ’n hoogtepunt op ’n propvol Erfenisdagprogram van Hessequa Harmonie, waartydens Suid-Afrikaanse kultuur, kos, woordkuns en musiek gevier is.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’