STILBAAI NUUSFLITS - Mike Hanekom en sy vriende het gisteraand, Maandag 9 Julie gespook om ’n vuur wat ongeveer 18:00 op sy huis se dak begin het te blus.
Hy het onlangs die ou huis op Melkhoutkraal naby Klipfontein gekoop. Hanekom en sy vriende wou ter viering daarvan vleis braai en die aand saam geniet.
Terwyl hulle buite was, het een van sy vriende opgelet dat die gedeelte van die dak rondom die kaggel se skoorsteen aan die brand is.
Hoewel hulle die vuur probeer blus het, het dit versprei.
Hanekom het almal bedank wat hulle bygestaan het.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'