RIVERSDAL NUUS - Die feestelikhede rondom HC Snyman Boumateriale se 30ste bestaansjaar gaan voort, met nóg 'n gelukkige kliënt wat met 'n prys beloon is.
As deel van die vieringe vind daar elke maand 'n gelukstrekking plaas.
Klante wat R500 of meer spandeer word outomaties vir die trekking ingeskryf.
Die trekkings gaan elke maand voort totdat die voorraad op is.
Baie geluk aan Cobus van Wyk, 'n plaaslike loodgieter van beroep, wat as die gelukkige wenner aangewys is.
Wie weet, dalk is jy volgende maand die gelukkige wenner.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’