Update
STILBAAI NUUS - Let daarop dat Stilbaai belangeforum se vergadering oor waterkwessie Vrydag 22 Februarie om 16:00 by Palinggat-Oordsaal sal plaasvind. Die datum het ongelukkig nie volledig in hierdie week se uitgawe verskyn nie.
Blykbaar is die gemeenskap meegedeel dat dit die oogmerk is om nog 2 500 woonentiteite in Stilbaai oor die medium- en langtermyn te skep. Inwoners wil weet of die water dit gaan hou.
Baie inwoners verwelkom die groei van die dorp omdat dit die lewensvatbaatheid van baie noodsaaklike besighede en aktiwiteite bevorder . Omdat so baie mense hier afgetree het en steeds kom aftree, word die verbetering van mediese dienste verwelkom. Groei is dus ’n voorvereiste daarvoor.
Volgens Gustav Radloff, voorsitter van Stilbaai Belangeforum is Stilbaai die sleutelgroeipunt in die jurisdiksiegebied van die Hessequa-munisipaliteit.
“Die munisipaliteit verwelkom die huidige groeipatroon omdat dit die verstewiging van die raad se belastingsbasis verseker. Die ander dorpe in Hessequa beleef nie dieselfde groei nie en mens kan derhalwe nie die munisipaliteit blameer dat hulle inderwaarheid die dorp se snelle groei aanmoedig nie.”
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'