STILBAAI NUUS - Inwoners van Stilbaai is bekommerd dat die snelheid waarteen die dorp uitbrei sal veroorsaak dat die dorp nie genoeg water sal hê nie sowel as, sy karakter en rustige kusdorp entiteit kan verloor.
Waar soveel dorpe in Suid-Afrika kwyn en min of geen groei getoon het nie, raak Stilbaai net meer bedrywig.
Die streek is reeds vir ’n geruime tyd in ’n droogtetoestand wat oor die laaste paar jaar vererger het. Inwoners wil weet of die dorp se water dit sal hou?
Vanjaar se algemene jaarvergadering van Stilbaai-belangeforum is, om die kwessie te bespreek.
Niel van Wyk sal die bespreking inlui waarna Johan Jacobs, munisipale bestuurder en Harold Basson, hoof van tegniese dienste die geleentheid sal hê om die raad se beleid te verduidelik en vrae te beantwoord.
Die vergadering vind op Vrydag, 22 Februarie om 16:00 by die Palinggat-Oordsaal plaas. Almal is welkom.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'