RIVERSDAL NUUS - ’n Voormalige werknemer (39) van die Hessequa-munisipaliteit het Dinsdag 22 September vlugtig in die Riversdal-landdroshof op aanklagte van bedrog, diefstal en korrupsie verskyn.
Die vrou is Maandag 21 September deur die Ernstige Korrupsie-ondersoekspan van George in hegtenis geneem.
Volgens inligting het die ondersoek bevind dat die verdagte na bewering lede van die publiek mislei het deur R5 000 te versoek in ruil vir die kwytskelding van verkeersboetes.
Sy het na bewering ook ’n bedrag van R10 000 as gratifikasie van ’n slagoffer aanvaar.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Wes-Kaapse Vervolgingsgesag, het bevestig dat die verdagte, Trudine Michaels (39), Dinsdag op aanklagte van bedrog, diefstal en korrupsie in die hof verskyn het.
Michaels is op waarskuwing vrygelaat.
Die saak is tot Woensdag 21 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’