RIVERSDAL NUUS - Ná jare se wag gaan ’n Binnelandse Sake-kantoor binnekort sy deure in Riversdal open en broodnodige dienste nader aan inwoners van Hessequa bring.
Grant Riddles, uitvoerende burgemeester van die Hessequa-munisipaliteit, het die nuus bekendgemaak en die ontwikkeling as uitstekende nuus vir die streek bestempel.
“Die Binnelandse Sake-kantoor in Riversdal open binnekort - ’n belangrike diens wat nader aan ons gemeenskappe gebring word en waarvoor daar lank gewag is,” het Riddles gesê.
“Na jare se wag tel ons uiteindelik die dae af.”
Die opening van ’n plaaslike kantoor sal beteken dat inwoners van Riversdal en omliggende dorpe makliker toegang tot Binnelandse Sake-dienste kan kry.
Meer besonderhede oor die kantoor se ligging, openingsdatum, werksure en die dienste wat daar gelewer sal word, sal later bekendgemaak gemaak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’