HEIDELBERG NUUS - Chanté Hopkins, die bobaasdriekampatleet van Heidelberg en die Hessequa-streek, het Saterdag 26 September ’n brons medalje in die wêreldkampioenskappe in Pontevedra, Spanje, gewen, waar sy derde in die 30-34-ouderdomsgroep geëindig het.
Dié talentvolle atleet het in die 1,5 km-swem, 40 km-fietsry en 10 km-hardloop meegeding.
Hoewel haar pa, André van der Merwe, ook in die 55-59-ouderdomsgroep meegeding het, was daar sy uitslag nie teen saktyd beskikbaar nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’