Update
RIVERSDAL NUUS - Die saak van roekelose en nalatige bestuur teen 'n polisievrou van Riversdal word steeds ondersoek.
Dit is volgens lt kol Delicia Isaacs, stasiebevelvoerder van Riversdal-polisie. Die dossier was na die senior staatsaanklaer op Swellendam vir beslissing verwys.
Die ongeluk het op 20 Desember verlede jaar, omstreeks 19:00 in Hoofstraat plaasgevind. Die voertuig het na die botsing met 'n motorfiets van die toneel af weggery.
Op CCTV-materiaal wat aan Suid-Kaap Forum verskaf was, kan gesien word hoe die motorfietsryer in die rigting van Hoofstraat ry, die motor by die Van der Bergstraat-stopteken wegtrek en voor die motorfietsryer inry.
Die beeldmateriaal toon hoe die motor vlugtig stop, iemand by die passasiersdeur uitkyk en die bestuurder toe van die toneel wegry en die beseerde motorfietsryer in die pad agterlaat.
Volgens inligting was die motorfietsryer bewusteloos en moes behandeling vir sy beserings ontvang.
Skade aan die motor wat na bewering in die botsing betrokke was.
Vorige artikels:
- Saak teen polisievrou steeds hangende
- Saak teen polisievrou na staatsaanklaer verwys
- Botsing ondersoek nog nie voltooi
- Polisie ondersoek nog botsing
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'