Update
RIVERSDAL NUUS - Die saak van 'n polisievrou van Riversdal teen wie 'n klag van roekelose en nalatige bestuur ondersoek word na haar motor met 'n motorfietsryer gebots het, is na die senior staatsaanklaer op Swellendam vir 'n beslissing verwys.
Dit is volgens die plaaslike polisie se kommunikasiebeampte, sersant Christiaan Jansen.
Die ongeluk het op 20 Desember verlede jaar, omstreeks 19:00 in Hoofstraat plaasgevind.
Die voertuig het na die botsing van die toneel af weggery. Op CCTV-materiaal kan gesien word hoe die motorfietsryer in die rigting van Hoofstraat ry, die motor by die Van der Bergstraat-stopteken wegtrek en voor die motorfietsryer inry. Die beeldmateriaal toon hoe die motor vlugtig stop, iemand by die passasiersdeur uitkyk en die bestuurder toe van die toneel wegry en die beseerde motorfietsryer in die pad agterlaat.
Volgens inligting was die motorfietsryer bewusteloos en moes behandeling vir sy beserings ontvang.
'n Videogreep van die ongelukstoneel.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'