RIVERSDAL NUUS - 'n Polisievrou kan moontlik die verdagte in 'n roekelose en nalatige bestuur-saak wees na haar motor met 'n motorfietsryer gebots het.
Vrae word gevra oor die feit dat nog geen vervolging plaasgevind het nie in die ongeluk wat op 20 Desember verlede jaar in Hoofstraat plaasgevind het.
Die voertuig het na die botsing van die toneel af weggery.
Sers Chris Spies, Suid-Kaapse polisiekommunikasiebeampte het Dinsdag, 23 Februarie gesê die Riversdal-speurders ondersoek nog die saak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'