Update
RIVERSDAL NUUS - Die saak van roekeloos- en nalatige bestuur teen ‘n polisievrou van Riversdal word nog steeds ondersoek.
Dit is volgens lt kol Delicia Isaacs, stasiebevelvoerder van Riversdal-polisie.
Die dossier was na die senior staatsaanklaer op Swellendam verwys.
Die ongeluk het op 20 Desember verlede jaar, omstreeks 19:00 in Hoofstraat plaasgevind. Die voertuig het na die botsing met ‘n motorfiets van die toneel af weggery.
Vorige artikels:
- Saak teen polisievrou na staatsaanklaer verwys
- Botsing ondersoek nog nie voltooi
- Polisie ondersoek nog botsing
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'