Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Lid van Riversdal-polisie wat na bewering 'n 18-jarige meisie verkrag het, is tydens 'n interne dissiplinêre proses vrygespreek.
Die direkteur van openbare vervolging het ook geweier om die lid krimineel te vervolg, gegewe 'n gebrek aan getuienis en die vooruitsig van suksesvolle vervolging.
Die lid, wat anoniem wil bly, bedank die geregtelike prosesse vir die geleentheid wat hy gegun was om sy weergawe van gebeure te stel.
Suid-Kaap Forum het in Januarie vanjaar berig dat die polisie se onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraad (Opod) besig was om 'n klag van verkragting teen die lid te ondersoek. Die bewering was dat hy 'n kollega verbonde aan die kinder- en gesinsgeweldeenheid se dogter die aand van 11 Desember 2020 in haar ouerhuis sou verkrag het.
"Die lid oorweeg siviele en kriminele aksie teen die klaer en ondersoekspan, gegewe haar weergawe vals en lasterlik was," het lt kol Delicia Isaacs, plaaslike stasiebevelvoerder gesê. "Geregtigheid het geskied en die lid se goeie naam is in eer herstel."
Slagoffers of klaers van fisieke geweld word gemaan dat dit 'n misdryf is om 'n persoon onder eed valslik van 'n misdryf te beskuldig.
VORIGE ARTIKELS:
- Polisielid onskuldig bevind
- Verdagte polisieverkragter departementeel onskuldig
- Riversdal-polisieman steeds aan diens na 'verkragting'
- 'Polisieverkragter' steeds in uniform
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'