Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Lid van Riversdal-polisie wat na bewering 'n 18-jarige meisie verkrag het, is tydens 'n interne dissiplinêre proses vrygespreek.
Die direkteur van openbare vervolging het ook geweier om die lid krimineel te vervolg, gegewe 'n gebrek aan getuienis en die vooruitsig van suksesvolle vervolging.
Die voorval sou glo gedurende die aand van 11 Desember 2020 gebeur het.
“Geregtigheid het geskied en die lid se goeie naam is in eer herstel,” het lt kol Delicia Isaacs, plaaslike stasiebevelvoerder gesê.”
VORIGE ARTIKELS:
- Verdagte polisieverkragter departementeel onskuldig
- Riversdal-polisieman steeds aan diens na 'verkragting'
- 'Polisieverkragter' steeds in uniform
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'