Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Lid van Heidelberg-polisie is Maandagoggend, 23 November in die plaaslike landdroshof op twee aanklagte skuldig bevind en gevonnis.
Konstabel Johannes (JJ) Paige (25) is op aanklagte van bestuur onder die invloed van sterk drank en strafbare manslag skuldig gevind en gevonnis.
Paige is op aanklag van dronkbestuur met R6 000 of 12 maande gevangenisstraf gevonnis, waarvan hy R1 500 onmiddellik moes betaal en die res teen R500 per maand vanaf einde Desember.
Op die aanklag van strafbare manslag is hy tot 12 maande gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar gevonnis op voorwaarde dat hy nie weer aan strafbare manslag gedurende die termyn van opskorting skuldig bevind word nie.
Die skuldigbevinding en vonnisoplegging spruit na Loricha Jacobs (28), ma van 'n vyfjarige seun gesterf het toe die bakkie wat Paige bestuur het, die pad verlaat en omgeslaan het. Die voorval het op 14 Oktober 2017, ongeveer 02:30 op die N2 net voor die Duivenhoksrivierbrug buite die dorp plaasgevind.
Dit was die vooraand van beide haar ma, Cecelia Michaels se 50ste en haar neef, Duvon Jacobs wat ook in die ongeluk was, se 21ste verjaarsdagvieringe.
Vorige artikels:
- Polisielid gevonnis vir strafbare manslag
- SAP-lid vir dronkbestuur aangekla
- Polisielid agter tralies na ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'