HEIDELBERG NUUSFLITS - 'n Jong ma en rekenmeester, Loricha Jacobs (28) is Saterdagoggend 14 Oktober noodlottige beseer nadat die bakkie waarin sy 'n passasier was, die pad verlaat het.
Die voorval het ongeveer 02:30 sowat 1 kilometer buite die dorp gebeur.
Die bestuurder, ‘n plaaslike polisiekonstabel wie slegs oor ‘n leerlinglisensie beskik, is op die toneel in hegtenis geneem.
Hy staar sake van strafbare manslag en bestuur onder die invloed van sterk drank in die gesig en verskyn vandag in die hof.
Die bakkie sal waarskynlik afgeskryf moet word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'