HEIDELBERG NUUS - Twee vroue wat van moord aangekla word, het Maandag en Dinsdag, 22 en 23 Februarie weer vlugtig in Heidelberg-landdroshof verskyn.
Doringvlei
Chrislee-Ann September (18) se saak het Maandag voorgekom. Sy word daarvan aangekla dat sy 'n Zimbabwiese burger, Linda Litemwe (26) op 10 November verlede jaar vermoor het.
Litemwe, 'n ma van een kind se liggaam is in haar wendyhuis op die plaas, Doringvlei gevind waar beide die oorledene en die beskuldigde gewoon het.
Die saak is tot Maandag, 28 Maart vir 'n moontllike streekshofdatum uitgestel. Sy bly in aanhouding tot haar volgende verskyning.
Dollar Square
Julandi Fatjela (30) word daarvan aangekla dat sy haar saamleefmaat, Aluncedo Faku (25) op 13 November verlede jaar vermoor het. Sy het Dinsdag verskyn.
Faku het in die ingang na sy houthuis gesterf nadat hy glo deur die beskuldigde aangerand en in die bors met 'n skerp voorwerp doodgesteek is.
Die voorval het in Dollar Square plaasgevind. Die saak is tot Dinsdag, 22 Maart vir 'n moontlike streekshofdatum uitgestel. Sy bly ook in aanhouding tot haar volgende verskyning.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'