Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Agtienjarige vrou van Heidelberg is in hegtenis geneem nadat 'n 26-jarige vrou Woensdagoggend, 10 November dood in haar huis gevind is.
Die liggaam van Linda Litemwe (26), vermoedelik 'n Zimbabwiese burger, is tussen 03:50 en 04:30 op die plaas, Doringvlei gevind.
Voorlopige inligting deur kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaap polisie-kommuni-kasiebeampte dui aan dat die slagoffer alleen was na haar man werk toe gegaan het. Dit blyk dat die beskuldigde toegang tot die huis verkry het, waartydens die slagoffer veelvoudige steekwonde tot die nek, linkerarm en gesig toegedien is.
Litemwe is deur die ambulanspersoneel op die toneel dood verklaar.
Die beskuldigde, wat ook op die plaas by haar ouma bly, is na inligting opgevolg was in hegtenis geneem. Sy is in aanhouding en sal vandag, 12 November in die landdroshof op Heidelberg op aanklag van moord verskyn.
Die omstandighede na die oorsaak van die dood word ondersoek.
VORIGE ARTIKEL: Vrou vermoedelik vermoor
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'