HEIDELBERG NUUS - Aluncedo Faku (25) van Dollar Square in Heidelberg het in die ingang van sy houtstruktuur gesterf nadat hy met 'n skerp voorwerp in die bors gesteek is.
Die voorval het ongeveer 00:20 vanoggend plaasgevind.
Dit is die tweede moord binne drie dae in dié dorp.
Die polisie was gou op die toneel. ‘n 31-Jarige vrou is vir ondervraging na die polisiestasie geneem.
Die slagoffer, Aluncedo Faku (25)
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'