HEIDELBERG NUUS - Die saak teen die twee vroue wat Maandag 21 Oktober op 'n moordklag in die landdroshof verskyn het, is uitgestel omdat die hof se bandopnametoerusting buite werking is.
Sabina Hartnick (54) en haar dogter Annemarie Skietekat (31) word aangekla van die moord op George Michaels (62) en Elizabeth Rudolph (64) gedurende die nag van 15 en 16 Februarie vanjaar.
"Die uitstel is buite die hof se beheer, aangesien alles gereël is om met die saak voort te gaan," het landdros Ludick Sass gesê.
Hy het die saak tot 28 Oktober uitgestel en hulle verseker dat die toerusting dan in werkende orde sal wees. Na verwagting sal die vroue om borgtog aansoek doen.
Lees vorige artikels hier:
- Ma en dogter weer in hof
- Ma en dogter weer in hof oor grumoord
- Moordsaak uitgestel
- Bejaarde-moord: Ma en dogter kom voor
- Twee bejaardes is koelbloedig vermoor
- Twee bejaardes vermoor
• Warren September (37), wat na bewering by 'n huis in Theo Adamsrylaan ingebreek het, se borgtogaansoek sal ook dan aangehoor word.
Hy bly in aanhouding.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'