HESSEQUA NUUS - Die St. Paulus-wyk van St. Andrews het 'n suksesvolle basaar onder leiding van br. Bennie Jantjies aangebied.
"Dit was die grootste tot dusver. Hoewel die gemeente binne die paar maande nog nie so groot is nie, het almal hard gewerk," het Jantjies gesê.
Hy bedank almal vir die tyd en werk wat hulle ingesit het om van die basaar 'n sukses te maak.
Volgende op die program is om die senior burgers van die kerk se jaareinduitstappie te reël.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'