HESSEQUA NUUS - Hoewel Stilbaai en Jongensfontein reeds geruime tyd oor ‘n kunsroete beskik, strek dit nou deur die hele Hessequa-streek en alle kunstenaars kan daarop kom.
Suid-Kaap Forum het ‘n reeks van ses skilderye wat die hoofdorpe in die Hessequa-streek uitbeeld, oor die afgelope jaar in ontvangs geneem.
Die koerant het dié projek begin nie slegs as bewusmaking van die verskeie pragtige dorpies met die mooiste natuurtonele in die streek nie, maar ook om die uitbreiding van die Hessequa-kunsroete te inspireer om sodoende toerisme te bevorder.
Hessequa-munisipaliteit en Explorers Garden Route het ook by die projek ingekoop en die die roete sal op laasgenoemde se webtuiste geplaas word.
Die kunstenaars kry ‘n bord met ‘n QR-kode daarop voor hul huise, sodat belangstellendes sodoende hul kontakbesonderhede en besigtigingsure kan verkry.
Kunstenaars in die omgewing word genooi om deel hiervan te word. Hulle kan Kluyts (082 378 4126) of Annerise Wolmarans van Stilbaai-toerisme (stilbaaiinfo@easycoms.co.za) kontak.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Verwante artikels:
- Rustige Witsand op skilderdoek uitgebeeld
- Hooikraal word op doek verewig
- Sierlike aalwyne verbeeld Alertinia
- Stilbaai in verf vasgevang
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'