RIVERSDAL NUUS - Die derde van 'n reeks skilderye wat die hart en siel van die streek se hoofdorpe weergee, is Dinsdag 17 Maart aan Suid-Kaap Forum oorhandig.
Louise Kluyts, bekende kunstenaar het Hooikraal buite Heidelberg met haar towerkwas vasgevang.
Die pragtige kunswerk sal saam met ander wat op versoek vir die koerant geskilder word, kleur en karakter aan die kantoor verleen.
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'