Advertorial
HEIDELBERG NUUS - 'The Giant Pumpkin Festival' vind jaarliks in Heidelberg plaas.
‘n Totale bedrag van R266 000 is met die 2017 Pampoenfees teruggeploeg in die gemeenskap waarvan ‘n bedrag van R70 000 spandeer is aan opgraderings by die plaaslike ouetehuis, Huis Zenobia du Toit.
Met hierdie bedrag is daar nuwe hospitaalbeddens en sonskerms vir die tehuis aangekoop.
Die 2018 Pampoenfees sal op 23 en 24 Maart plaasvind en die feeskommitee beplan om die fees nog verder uit te brei.
Daar word heelwat aktiwiteite vir die naweek beplan. Daar sal ‘n nagmark wees, stalletjies musiek, ‘n fietsroete, wedlope, ‘n 4x4 kompetisie, rolbal, gholf, ‘n wyntent en vele meer beskikbaar wees oor die naweek. Gaste is welkom om oor te bly in die tente-dorp wat by die feesterrein beskikbaar sal wees of om hulle eie kamp te kom opslaan by die fees.
Pampoengroeiers word uitgenooi om op 21 September 2017 te kom inskryf vir die 2018 Pampoenfees kompetisie. Inskrywings sal by die Gholfblub plaasvind vanaf 18:30.
Daar sal ook die aand ‘n braaivleis ete aangebied word vir elke persoon wat inskryf vir die kompetisie.
Vir die 2018 fees is daar groot pryse op die spel. Die grootste pampoen se prysgeld sal R15 000 beloop. Vir ‘n Wêreld rekord sal die prysgeld R150 000 beloop, SA rekord se prysgeld beloop R30 000 en as jy ‘n pampoen inweeg van 750kg en meer sal jy prysgeld van R60 000 losslaan. Soos met vorige jare word daar prysgeld vir die 10 grootste pampoene geallokeer.
Ons nooi almal uit om deel te wees in die opwinding van die 2018 Pampoenfees – onthou om 23 & 24 Maart 2018 uit te hou op jou kalender.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'