Update
HEIDELBERG NUUS - Drie polisielede van die bomeenheid, waaronder een met ‘n hond, het Kairos Senior Sekondêr deursoek nadat ‘n bomdreigement vroeër vanoggend telefonies ontvang was.
Hulle kon niks vind nie en Tom Pretorius, voorsitter van die ouer beheerliggaam wat laatmiddag op die toneel was, het gesê dat die skool môre (Dinsdag 15 Mei) normaal sal funksioneer.
Volgens die polisie is daar blykbaar geen skakel tussen dié dreigement en een wat glo by George-polisie aangemeld is nie.
Die polisie ondersoek duur voort.
Lees vorige artikels:
• Bomdreigement glo ook by 2 ander skole
• Bomdreigement by skool
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'