Breaking News
HEIDELBERG NUUSFLITS - Kairos Senior Sekondêre skool is ‘n uur gelede ontruim nadat hulle ‘n oproep van ‘n onbekende man ontvang het dat daar ‘n bom op die perseel is.
Volgens die hoof, Vivian Prins het die man aan hom gesê dat hy die kinders so gou moontlik uit die skool moet kry.
Dieselfde man het ongeveer vyf minute later weer geskakel om die waarskuwing te herhaal.
Die bom-afdeling van die polisie is in kennis gestel en is onderweg van George.
Meer inligting volg sodra bekend.
Kairos Senior Sekondêr het ‘n bomdreidement ontvang.
Die skool is ontruim en al die leerders staan buite.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'