Sponsored Content
SAKENUUS - Om as die beste motordienssentrum in die Best of Hessequa-kompetisie aangewys te word, is vir Rola Ford Riversdal 'n besondere eer en 'n bewys dat die span se harde werk, toewyding en fokus op uitstekende kliëntediens raakgesien en waardeer word.
Volgens die span weerspieël die toeken-ning die vertroue wat die Hessequa-gemeenskap daagliks in hulle plaas en motiveer hulle om aan te hou streef na uitnemendheid.
Die pad na hierdie prestasie is gebou op konsekwente dienslewering - van die eerste gesprek met 'n kliënt tot uitstekende naverkoopdiens. Integriteit, respek, spanwerk en 'n kliëntgerigte benadering vorm die grondslag van alles wat hulle doen en help om langtermyn-verhoudings met kliënte te bou.
In 'n mededingende mark glo Rola Ford Riversdal dat persoonlike diens, eerlike advies en 'n span wat bereid is om altyd die ekstra myl te stap, die verskil maak.
Die passie en toewyding van elke spanlid inspireer mekaar daagliks om die beste moontlike diens te lewer.
Die span spreek ook hul opregte waardering uit teenoor elke werknemer wat bygedra het tot hierdie prestasie. "Hierdie toekenning behoort aan elkeen van ons spanlede."
'n Spesiale woord van dank gaan aan elke kliënt, ondersteuner en inwoner van Hessequa wat hul stem uitgebring het. Julle vertroue en lojaliteit beteken ongelooflik baie, en Rola Ford Riversdal sien daarna uit om die gemeenskap nog vir baie jare met trots en uitnemendheid te dien.