RIVERSDAL NUUSFLITS - Dit is weer tyd vir Ratem-Eisteddfod - dié kultuurfees waar jong plaaslike talent ten toon gestel word.
Die kultuurfees sal vanaf 28 tot 31 Augustus plaasvind.
Die beoordelaars is Adri van Wyk (musiek) en die drama-afdeling sal deur Maretha Marais beoordeel word. Beide is van Stellenbosch afkomstig.
Dit is 'n propvol program wat niemand sal teleurstel nie.
Die publiek word uitgenooi om die volledige program by Nieu-Script te kry en die jong talent te ondersteun.
Die kunswerke sal by Paddavlei-restaurant uitgestal word waar die publiek welkom is om dit te gaan besigtig.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'