Update Video
WITSAND NUUS EN VIDEO - Die Suid-Kaap Kayak-hengelklub het op 9 en 10 Maart hul sesde jaarlikse hengelkompetisie aangebied.
Volgens JG Swart, president van die klub, is dié kompetisie op die oomblik die tweede grootste in die land.
Altesaam 68 hengelaars het deel geneem. 382 Visse is oor die twee dae gevang, waaronder grunter, kabeljou, leervis, elf en bonito.
Swart het verduidelik: "Die kompetisie werk op 'n lengte basis en die hengelaar het die keuse om sy vis weer vry te laat, dus word alle visse nie uitgehaal nie. Visse was maar klein, maar tog volop."
Die wenner met die grootste sak vis vir Vrydag en Saterdag was Tommie Kruger. Die wenner met vis wat meeste punte binne sy eie spesie tel, Deon van Antwerp.
Wenners van die interklub kompetisie tussen Suid-Kaap, Wes-Kaap en Two Oceans Kayakklubs was Jackie Viljoen, Johan Brits en Van Antwerp.
Hulle bedank al hul borge omdat die kompetisie nie daarsonder kan realiseer nie.
Watch a video below.
Lees 'n vorige artikel en kyk 'n video: Kruger wen met grootste vangs
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'