Update
STILBAAI NUUS - Eden-hengelvereniging het hul eerste winterligakompetisie tussen Stilbaai en Knysna van 22 tot 23 Junie aangebied.
Xandre Coetzee (o.16) van Stilbaai-hengelklub was die topjunior vir die dag met 17.48 punte.
Stilbaai-Stilmonsters het derde van 12 hengelklubs met 52.48 geëindig. Stilbaai-Assassins is in die agste plek met 18.34 punte en Stilbaai-Barbarians negende met 10.24 punte.
Die tophengelaar vir die dag was Wesley Rapson van Knysna-hengelklub met 37.54 punte. Die topmeester was Johan van Rensburg van Mosselbaai-hengelklub met 24.36 punte.
Marina Fuchs van Triton-hengelklub in Mosselbaai was die top-vrouehengelaar met 1.35 punte.
Van Rensburg het die grootste eetbare vis, 'n steenbras van 12,18 kg uitgetrek.
Die swaarste oneetbare vis was 'n sloephaai van 18,63 kg wat deur Rapson ingeweeg is.
Die totale gewig van die vangste vir die dag het die skaal op 313,59 kg getrek met 73 hengelaars wat deelgeneem het.
69 Oneetbare vis en 41 eetbare vis, is inkatrol.
Elke vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Keith Lotter met ’n kabeljou van 9,7 kg.
Hier hou Dave Viljoen 'n galjoen van 4,22 kg vas.
A-liga puntestand
- Knysna-Team Extreme 87.72
- George-Bosvarke 58.17
- Stilbaai-Stilmonsters 52.48
- George-Wortels 37.94
- Triton-Bronze Whalers 37.69
- Outeniqua-Clutchcables 37.37
- Mosselbaai-Otters 25.78
- Stilbaai-Assassins 18.34
- Stilbaai-Barbarians 10.24
- Triton -Ninjas 6.64
- Knysna-Piesangs 6.21
- Triton-Woelwaters 3.59
Janco Ras met 'n sloephaai van 18,2 kg. INLAS: Keith Lotter met 'n kabeljou van 9,7 kg.
Lees 'n vorige artikel: Derde plek vir Stilbaai-Stilmonsters
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'