STILBAAI NUUSFLITS - Hoewel Stilbaai-Stilmonsters derde tydens die Eden-hengelassosiasie se eerste winterligakompetisie geëindig het, het Xandre Coetzee (o/16) die hengelklub se naam onder die juniors hoog gehou.
Dié kompetisie het tussen Stilbaai en Knysna plaasgevind en 73 hengelaars van 12 verskillende klubs het deelgeneem.
Wesley Rapson van Knysna-hengelklub is as die tophengelaar van die dag aangewys. Hy het ook die swaarste oneetbare vis, ’n sloephaai van 18, 63 kg uitgetrek.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'