Gallery Update
HEIDELBERG SPORT NUUS - Met Heidelberg-rugbyklub se eerste wedstryd Saterdag 23 Maart het hulle teen Barbarians van Mosselbaai vasgeval en met 20-13 verloor.
Die rustydtelling in die SWDRU Premierligawedstryd was 6-3 in Heibi se guns.
Verlede naweek se hoofwedstryd is deur 'n kort herdenkingseremonie voorafgegaan ter nagedagtenis aan vyf lede/ondersteuners wat sedert die begin van die jaar gesterf het. Hulle is Naomi Adams, Dorenzo Jordaan, Clinton Petersen, Donyl Valentine en Sarah Cameron.
Heibi het in hul eerste tuiswedstryd teen Maori's van Borcherds al drie wedstryde op 'n drafstap gewen. Die eerste span beklink hul wedstryd met 43-14 nadat hulle rustyd met 29-14 gedraai het. Hulle verdien 'n bonuspunt met hul ses drieë teenoor hul opponente se twee.
Puntemakers
Heidelberg: Drieë - Francois Pieters (2); Lindon Hartnick (kaptein), Anrich Manho, Corbin Swartbooi en Lorenzo Gordon. Doelskoppe - Swartbooi (5). Strafskop - Swartbooi (1).
Maori's: Drieë - Denvell Remas en Elton Tarentaal. Doelskoppe - Tarentaal (2).
Die ander twee wedstryde se uitslae
C-span: Heibi 20 (15) - Maori's 0 (0).
B-span: Heibi 33 (21) - Maori's 7 (0).
Voor die afskop van die hoofwedstryd het Grant Riddles, Hessequa uitvoerende burgemeester, 'n tjek van R10 000 aan Julian Buis, Heibi-voorsitter, oorhandig. Foto's: Clive Pretorius, korrespondent
Lees 'n vorige artikel hier: Rugbyklub kry hupstoot
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'