HEIDELBERG RUGBY NUUS - Voor die afskop van die rugbywedstryde Saterdag 30 Maart, het Grant Riddles, Hessequa uitvoerende burgemeester ’n welkome tjek van R10 000 aan Julian Buis, voorsitter van Heidelberg Rugbyklub oorhandig.
Die hoofwedstryd is voorafgegaan met ‘n kort herdenkingsseremonie ter nagedagtenis aan vyf lede/ ondersteuners wat sedert begin van die jaar gesterf het.
Heibi het al drie hul eerste tuiswedstryde teen Maori’s van Borcherds op ‘n drafstap gewen. Hulle beklink die wedstryd met 43-14, nadat hulle met 29-14 rustyd gedraai het.
Heibi het met hul ses drieë teenoor hul opponente se twee drieë, ‘n waardevolle bonuspunt verdien. Hulle speel eerskomende Saterdag teen die verdedigende kampioene, Progress van Rosemore op hul tuisveld wil klop.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'