HESSEQUA RUGBYNUUS - Die Albertinia Roses het Oudtshoorn se korrektiewe-span Saterdag 21 September in die eindstryd op Outeniquapark met 53-0 gewen.
Die swaargelaaide korrektiewe-span kon nie daarin slaag om die jonges te keer nie en hulle het altesaam nege drieë gedruk.
Die eerste drie is binne 40 sekondes deur senter Patricia Korkee van Albertinia gedruk. Rosetta Nomdo (nr. 8) het ook haar stempel vroeg in die wedstryd afgedruk en Michelle Spies was gevaarlik wanneer sy met die bal begin hardloop het.
Korkee het met die trofee vir vrou van die wedstryd weggstap.
"Ons is baie trots op ons span," sê afrigter Jan Joseph en sy assistent Adam Pietersen. Hoofafrigter Riaan Lameley van SARU Youth Training Centre het agterna met groot lof van die vrouerugby wat op Outiniqua-park gespeel is, gepraat.
Albertinia Roses met hule trofee en prysgeld van R2 500.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'