Gallery Update
HESSEQUA SPORTNUUS - Die Okinawan Goju Ryu karateklubs van Heidelberg en Swellendam het Woensdag, 21 April hul gradering in laasgenoemde dorp aangebied.
Die verrigtinge is baie suksesvol met hoë gehalte karatetegnieke en dissipline afgehandel.
Volgens sensei Almary Rossouw het die studente baie dissipline en kundigheid aan die dag gelê en studente het verskeie gordels verwerf.
Fotogalery: Gasshuku virtueel aangebied
Rossouw het self 'n gasshuku (oefenkamp) wat via Zoom aangebied was,voltooi. Verskeie tegnieke, aanvullende oefeninge en katas is tydens die gasshuku gedoen. Dit was slegs vir bruin en swart gordelhouers.
Sensei Almary Rossouw en student Suzette Julius het presteer tydens hul virtuele oefenkamp. Foto's: Clive Pretorius
Die groep het hul oranje, groen en senior geel gordels verwerf.
Vorige artikel: Rossouw en Julius gaan virtueel
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'