Twee van die leerders, die stut Chadley Roberts en slot Justin Hoogbaard, het die o.19 span gehaal. Dié span ding mee in die tweede liga Curriebekerkompetisie. Robyn September (stut), Jo-Maré Abrahams (flank) en Micaylin Riddles (senter/heelagter) het hul kleure in die o.18 en o.16 spanne onderskeidelik verwerf.
September is ook opgeneem in die Titans vrouerugbyklub van Knysna se eerstespan wat Saterdag, 7 September in 'n voorwedstryd vir die nasionale SA vrouespan teen Uganda op Oos-Londen gespeel het. Die trio, wat groot potensiaal toon om die groen en goud oor hul kop te trek, sit egter 'n groot probleem omdat daar nie op Heidelberg 'n behoorlike klub of skoolstruktuur vir vrouerugby in plek is nie.
Tans speel hulle vir vroueklubs van ander dorpe wat groot finansiële implikasies vir hulle inhou.

Van links is Robyn September (o.18), Jo-Maré Abrahams en Micaylin Riddles (beide o.16).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'