Gallery Video
WITSAND NUUS EN VIDEO - Dylan Frick (24) van die Strand het die sewende Pili Pili Whale of a Race standup paddling-kompetisie in Witsand vir die sesde keer gewen.
“Die enigste keer wat hy nie gewen het nie, was toe hy verlede jaar nie deelgeneem het nie,” sê Theuns Swanepoel, mede-eienaar van die Pili Pili-restaurant hier en in Sedgefield wat die kompetisie aanbied.
Frick het vanjaar se oorwinning aan sy ouma en oupa, wat albei vanjaar oorlede is opgedra. “Hulle was altyd hier om my te ondersteun,” het hy hartseer gesê.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Tisha Steyn
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'